| Twee vroue, twee jagtogte | |||
|
Blesbok jag |
|||
Leanie Wahl vertel hoe sy met haar tradisionele boog op haar eerste jagtog ’n blesbokooi geskiet het. Agtuur die Saterdagoggend sit ek en my man (bekend as Jan Plank) in ’n grasskuiling. Dit is yskoud – seker die koudste Saterdag sover hierdie jaar. Ek het twee pare kouse aan, maar het al lankal gevoel in my tone verloor. So tussen die bewerasies deur wonder ek of ek dit ooit gaan regkry om my boog vas te hou, wat nog te sê die ding span. Ek sit in ’n bondeltjie gekrul in die hoop dat ’n bietjie van my liggaamshitte behoue sal bly en laat my gedagtes teruggaan na waar die jag eintlik begin het… Vroeër die jaar het Jan die geleentheid gekry om ’n Europese bosvark te gaan skiet op ’n plaas net buite Secunda. Die boer, Francois, het aangebied dat ek ’n blesbok daar kan skiet, aangesien ek nog nooit gejag het nie en dit die ideale geleentheid was vir ’n eerste jag. Ek het ywerig ingestem, en daar is toe vir my een spesifieke blesbokooi bespreek. ’n Ooi met een horing. Jan het dadelik vir my ’n 2D-blesbokteiken aangeskaf en ek het begin oefen vir die jag. Maar ek het ná die eerste twee oefensessies sommer heeltemal moed verloor. My eerste twee pyle tref om en by in die rigting van die kritieke area, maar daarna tref hulle orals behalwe waar ek wil hê hulle moet. Dis oorwegend links, maar so nou en dan sommer heeltemal mis. Ons het maar vir Francois gevra of daar baie haas is met die skiet van die bok, want ek sou nog so ’n paar weke se oefening nodig hê. Jan het toe vir my ’n volgrootte-blesbokteiken uit rubber gemaak en geverf. Dit was genoeg om my moreel weer op te kry om verder te oefen. Francois het spesiaal vir my ’n grasskuiling gebou. Baie netjies met genoeg lig, ’n groot gat om deur te skiet en ’n paar loergaatjies wat met grasflappies toemaak. Ons het toe een Donderdagmiddag die rubberblesbok so 15 meter voor die skuiling parkeer en ’n paar skote geskiet. Dit was op daardie wonderlike middag dat Jan gesien het waar my groot probleem lê. Ek het geanker, maar ek het die snaar ’n paar sentimeter van my ankerpunt af na regs weggetrek. Dit verduidelik die links skiet en die kere wat ek amper my tande uit geskiet het. My boog is ’n gekurfde boog van 35 pond, gebou deur die boogmaker Johan Smit. Van daar af het my groepering aansienlik verbeter – dermate dat Jan en Francois besluit het dat ek daardie Saterdag die bok moes skiet. Toe ons die Vrydagmiddag weer ’n paar skote uit die skuiling na die rubberbok skiet, het my selfvertroue begin floreer. Dit bring my terug na die yskoue Saterdagoggend. Daar sit ons toe in die koue en wag vir die bokke om in te kom na die skuiling toe. Teen nege-uur het die blesbokke nader gestap, maar dit was nie lank voordat hulle geblaas en met ’n spoed weggehardloop het nie. Dit is toe dat ons besef dat die wind heeltemal gedraai het en na links voor waai. Ons het Francois laat weet en hy het vir ons beesmis gebring om te brand, maar helaas het die bokke nie weer teruggekom nie. Die volgende week het ek weer ’n paar keer geoefen en die Vrydagmiddag so teen drie-uur het ons weer in die skuiling gaan sit. Ná ’n halfuur het Francois ons laat weet dat die blesbokke op pad is. My hart het net daar begin vinniger klop en nie lank daarna nie het ons gehoor hoe die blesbokke aangehardloop kom. Ek het stadig opgestaan, saggies my boog opgetel en die 450-greinpyl so stil as moontlik aan die snaar gehaak. Voor aan die pyl was ’n tweelem-jagpunt wat Jan vir my gemaak het. Jan is ’n mesmaker en ek het volle vertoue in die jagpunt gehad. My hart het so te sê in my keel geklop en ek het gebewe soos ’n riet in ’n storm. Ná ’n paar minute het die eenhoringooi mooi plankdwars langs die watertrog kom staan. Ek het my boog opgetel en seker gemaak dat Jan gereed is met die kamera (anders sal ek nooit die einde daarvan hoor nie), maar ek moes myself eers onder beheer kry. My asem het geblaas soos ’n stoomtrein en my boog wou net nie stil lê in my hand nie. Ek het net gereed gemaak om my boog te span toe die ooi besluit om te loop. Sy het vir ’n goeie halfuur sirkels om die skuiling gestap voordat sy uiteindelik weer dwars voor my kom staan het. Ek het my BJ (Jan) geraadpleeg oor die skoot en hy het gesê dis reg. Ek het diep asem gehaal, my boog opgetel, hard gekonsentreer op die kolletjie op haar blad, seker gemaak ek anker teenaan my mond, en laat los. Die skoot het goed gelyk – ’n bietjie hoog, maar nog steeds in die longe. Ek kon dit nie glo nie, ek het my eerste bok geskiet. Omdat dit al sterk skemer was, het ons nie te lank gewag voordat ons opgevolg het nie. Toe ons ná ’n rukkie die bok kry het sy gelê, maar was nog nie heeltemal dood nie. Ek was baie verleë, want die skoot het goed gelyk en ek het nie verwag om haar lewendig te kry nie. Sy het opgestaan toe ons nader loop en het ’n entjie verder weer gaan staan. Al wat op daardie stadium in my gedagtes omgegaan het was “arme bokkie”. Ek moes my emosies afskakel en nog ’n skoot skiet. Dié keer was die skoot reg op die blad. Sy het so 30 meter gedraf en gaan lê tot sy haar laaste asem uitgeblaas het. Ná verdere ondersoek was dit duidelik dat die skemer ons met die eerste skoot geflous het. Volgens die rigting van die pyl het die ooi effens skuinsaan gestaan en nie plankdwars soos ons oorspronklik gedink het nie. Dus was die skoot ’n bietjie terug en net deur die een long. Die jag was ’n baie opwindende ervaring en ek het baie geleer. Ek sal vir seker weer wil jag, maar as dit nie vir Jan en Francois se hulp, geduld en ondersteuning was nie, sou ek nooit my eerste jag deurgemaak het nie. |
|||
|
|||
| Blue wildebeest hunt | |||
Marilize Kühn tells of her first hunt and how she bagged a blue wildebeest with her traditional bow. Preparing for my first bow hunt could be compared to preparing for a war. Not quite familiar with penetration and rib strength on the blue wildebeest, we decided on me using my 40-pound Scythian by Pierre de Wet – the heaviest of my bows that I can shoot comfortably. We also did numerous arrow and broadhead combination tests. After deciding on Easton 500 arrows with 175-grain Simmons Landshark broadheads, the sharpening process started. My husband Viktor did not have a hair left on his legs after sharpening three broadheads. He is not satisfied until you can shave with them. This was followed by practising on a life-size blue-wildebeest paper target. As I am used to shooting at butts, Viktor thought this to be essential so as to get me accustomed to focusing on the kill zone. Appropriate clothing for the event was washed in sodium bicarbonate and stored in kitty litter, so as not to attract attention inside the hide. I had never thought this to be important, but on reading up a bit I realised it was paramount since the animals can smell you a mile away (I live with a pipe smoker and coffee drinker), and the animals can actually see into the hide through the shooting port. Lastly, but most importantly, rations were selected for eating inside the hide. Snacks and drinks were packed appropriately, as the slightest sound seemed amplified while waiting. The day arrived and we were off to a farm in the Limpopo area. Day one was spent enjoying the afternoon breeze and “one-bite” lamb chops on the fire. The next morning we were up at dawn, off to the hides. Very soon the watering hole was swamped with animals and I had my first experience of bokskok. This had my PH, Pierre, in stitches. I couldn’t draw the bow without making a noise. Pierre constantly had to tell me to “breathe” and “full-draw the bow”. Day one ended without any shooting. The next morning we moved to a different hide. Again, very soon animals started coming in for a drink. My teeth rattled and I was hyperventilating. Pierre was great, knowing all the tricks of the trade. He squeezed out oranges to mask our smell and it seemed nothing knew we were there. The blue wildebeest came in and Pierre said to get ready. Sitting ten metres away from them my bow and arrow seemed insufficient, but Pierre reassured me that my fears were unfounded. There were a bunch of “teenager” blue wildebeest, but Pierre had his eye on a bigger cow. The wildebeest, with their everyday pushing and shoving, didn’t make it easier for me. They were constantly moving with the little ones in between. The next moment Pierre drew my attention to the cow, standing slightly away from the others. She was calm, not bothered by the antics of the other animals. Pierre said “breathe and full-draw your bow”, showing me one last time where to aim. The cow was nine metres from us, standing quartering-away. I was thinking to myself, please move, please do something, to give me the opportunity to back out with my dignity intact… but she didn’t, and I released. The arrow hit slightly behind the right front leg, penetrating to the fletching, and the cow staggered before running around the hide. Pierre was jubilant and yelled before following the animal through the hide’s windows. He could see her dropping down 100 metres behind the hide. Now the waiting began. Pierre was overjoyed, running through the past few minutes over and over. I was still shaking, wishing I were a smoker or could have a drink to calm my nerves. I sent text messages to Viktor and my dad. They too were overjoyed. After waiting for an hour, Pierre went to have a look, calling us to come closer. The trackers still could not believe that a woman with such a small wooden stick could kill such a big animal. After taking hundreds of pictures, we loaded the cow to be slaughtered. On opening the thorax we found the great vessels to be severed, and both lungs punctured. Strange enough there was no blood trail, as all the bleeding was into the thorax. We could not weigh the blue wildebeest in the veld, but at the butchery the dressed carcass alone weighed 110 kilogrammes. This was my first hunt with a bow, and I can ascribe most of my success to Pierre, my PH. He was always keeping me calm, reminding me of the important factors: breathe, relax and full-draw the bow. At the last minute he reassured me and reminded me to “aim small, miss small”. Updated: Tuesday, October 19, 2010 3:31 PM |